Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Verkoolde lyke in motor gekry

Die polisie in Gauteng ondersoek die raaiselagtige dood van twee mense wat onherkenbaar in ’n motor verkool het.

Hul verkoolde lyke is Dinsdagoggend op die R103 naby Heidelberg gekry.

’n Verbyganger het die polisie daarvan in kennis gestel.

Volgens kapt. Johannes Ramphora, polisiewoordvoerder, kon die polisie twee lyke identifiseer, “maar dit word ondersoek of daar dalk nog mense in die motor was”.

Die twee mense se identiteit kon nog nie vasgestel word nie.

“In hierdie stadium weet ons ook nie wat hul geslag of ouderdom is nie, maar DNS-toetse sal dit bepaal,” sê Ramphora.

Hy sê dit is moeilik om te sê of die mense vermoor is en of daar ’n meganiese fout met die motor was, maar dit sal ondersoek word.

Die lyke is gevind in wat blyk ’n Mazda 626 te wees. Die nommerplaat is onherkenbaar in die brand beskadig.

Meer oor:  Heidelberg  |  Gauteng  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.