Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Verligting vir dié wie se huise in Overstrand brand
Verskeie huise en voertuie in Bettysbaai het uitgebrand toe sterk winde die brand wat op Nuwejaarsdag begin het, weer laat opvlam het. Brandbestryders kon nie veel doen om die vlamme te keer nie. Dit is deur stormsterk winde aangeblaas. Foto: Jaco Marais

Die eienaars van eiendom in Bettysbaai, Gansbaai en Hermanus wat duisende rande se skade ná ’n erge brand in Januarie gely het, word nou met afslag op die koste van bouplanne tegemoetgekom.

Overstrand se munisipale raad het ’n versoek van die boukontrole departement goedgekeur om eienaars te help wie se huise vernietig of erg beskadig is.

Inwoners in Overstrand wat geraak is en in die proses is om hul huise te herbou sal ’n vaste bedrag van R500 (BTW uitgesluit) vir bouplanne betaal.

Die normale koste vir bouplanaansoeke vir ’n huis van 250 m² is sowat R10 000.

Sheldon April (34), die man wat daarvan aangekla word dat hy op Nuwejaarsdag ’n fakkel afgevuur het wat die brand laat begin het. April verskyn weer op 17 Mei in die landdroshof in Caledon.

“Die munisipaliteit wil inwoners wat groot finansiële verliese gely het, hierdeur help,” lui ’n verklaring van die Overstrand-munisipaliteit.

Tot dusver het tien mense, wat reeds bouplanne het, by die afslag baat gevind.

Elke aansoek moet deur verslae van versekeringsassessore vergesel wees, tesame met foto’s wat bewys dat die eiendom wel in die brand beskadig is.

Die laer bouplankoste, slegs van toepassing op geboue wat tydens rampe vernietig of erg beskadig is, sal tot 30 Junie 2021 geld.

Die brand het veld van 12 800 ha verwoes, en 41 huise is tot op die grond afgebrand. 

Altesaam 28 huise in die gebied is erg beskadig, en ’n 71-jarige oudredakteur, Henry Hopkins, is dood weens erge brandwonde.

Sheldon April (34) is kort ná die brand van onder meer brandstigting aangekla, en hy word daarvan beskuldig dat hy die brand gestig het deur op Nuwejaarsdag ’n fakkel af te vuur.

April ontken die aanklagte en sê hy was nie in die gebied toe die brand begin het nie. Sy verhoor hervat Vrydag in die Caledon-landdroshof.

Meer oor:  Gansbaai  |  Hermanus  |  Bettysbaai  |  Brandskade  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.