Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Verloofde vertel van pyn ná boer onder trekker sterf

Die verloofde van ’n boer wat Woensdag op sy plaas buite Wolseley in ’n fratsongeluk gesterf het, het hom beskryf as ’n hardwerkende en liefdevolle man wat ongelooflik baie gemis sal word.

Elize van Zyl en George (Org) Viljoen (62) was reeds ’n geruime tyd verloof.

George (Org) Viljoen en sy verloofde, Elize van Zyl.Foto: Facebook

Hy het Woensdag gesterf toe hy met ’n trekker teen ’n damwal afgery en dit op hom geval het.

Sy seun, Albert (34), wat by was toe die ongeluk gebeur het, het tevergeefs saam met ander probeer om die trekker van sy pa af te kry.

* Lees meer hieroor: Fratsongeluk eis boer van Wolseley 

Org en Van Zyl het saam ’n huis in Wolseley gekoop en volgens haar sal sy nou voorlopig daar bly, terwyl Albert met sy gesin op die plaas De Liefde bly.

“Albert is nou net ’n jaar op die plaas. Hy is ook lief vir boer soos sy pa en sal die plaas seker nou erf,” het sy gesê.

Van Zyl het ’n goeie verhouding met Albert en sy gesin.

“Hulle het ’n seun van vyf en ’n dogter van twee jaar oud. Ek beskou hulle as my eie kleinkinders. Ek is ongelooflik lief vir hulle, hulle is so pragtig,” het sy gesê.

Volgens haar was Viljoen baie lief vir sy familie en die plaas. Hy was die sesde generasie op die familieplaas waar hy met wyndruiwe en vrugte geboer het.

“Hy was ’n baie opregte en liefdevolle man. Hy was ook baie eerlik, iets wat ’n mens nie baie kry nie.

“Ek het al so baie oproepe ontvang van vriende en kennisse, en so baie mense het al hier by die huis opgedaag om ons te ondersteun. Ek is baie dankbaar vir al die liefde van die gemeenskap.”

Van Zyl het gesê reëlings vir die gedenkdiens moet nog getref word.

Meer oor:  Elize Van Zyl  |  George (Org) Viljoen  |  Wolseley  |  Boer  |  Trekker  |  Fratsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.