Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste 15-jarige veilig tuis

Leah Hall, die 15-jarige meisie van Houtbaai in die Wes-Kaap wat vroeër vandeesweek vermis geraak het, is gevind en veilig tuis.

Leah Hall (15) Foto: Verskaf

Leah het Dinsdag in ’n emosionele toestand by haar huis weggeloop en haar ma, Tamsin, het haar die volgende dag as vermis aangemeld, het Carryn-Ann Nel vroeër berig.

Tamsin het gesê haar dogter was ontsteld toe sy die huis verlaat het.

Die nieregeringsorganisasie Pink Ladies het met die soektog gehelp en pamflette versprei.

Leah is Donderdag omstreeks 15:00 by ’n woonstelgebou in Groenpunt, Kaapstad, opgemerk.

“Teen die tyd dat ons daar aangekom het om na haar te soek, was sy nie meer daar nie. Ons het tot laat die aand in Groenpunt rondgery op soek na haar en moes uiteindelik ons skynbaar nuttelose soektog opgee,” sê Tamsin.

Sy het egter haar kontakbesonderhede aan die veiligheidswag van die woonstelgebou gegee en gevra dat hy haar bel indien Leah sou terugkeer, en om haar dan veilig daar te hou.

Skuins ná middernag het Tamsin ’n oproep gekry dat haar dogter by die woonstelgebou opgedaag het.

Die kennisgewing wat die Pink Ladies op Facebook geplaas het nadat Leah Hall as vermis aangemeld is. Foto: Facebook

“Sy was baie getraumatiseerd, maar sy het saam met ons huis toe gekom en sal berading en behandeling kry om haar te help om weer op haar voete te kom,” sê haar ma. Sy het vroeër gesê dat sy bekommerd was omdat Leah moontlik nie haar medikasie by haar gehad het nie.

Tamsin sê dit was ’n baie stresvolle ervaring, maar kapt. Jacques Lourens van die Houtbaai-polisiekantoor was “fenomenaal”.

“Hy het elke leidraad opgevolg, maak nie saak hoe klein of groot dit was nie en het nie opgehou om na haar te soek nie. Hy het 24-uur-skofte gewerk totdat ons uiteindelik bewus geword het van haar doen en late.”

Tamsin bedank die mense in Kaapstad wat na Leah help soek het.

Meer oor:  Leah Hall  |  Houtbaai  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.