Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste Anchen op Kaapse Vlakte gekry
Anchen Muller was sedert Vrydag vermis. Foto: Facebook

Anchen Muller, die 13-jarige meisie van Brackenfell in Kaapstad, is Dinsdagnag in Bishop Lavis, 'n woonbuurt naby die Kaapstad-lughawe, deur die polisie gekry.

Sy was sedert Vrydagaand vermis.

Luidens 'n polisieverklaring is sy omstreeks 22:35 ongedeerd gevind.

"Sy is terug by haar gesin," lui die verklaring.

Anchen se ma, Hanlie Ferreira, het Woensdagoggend aan Netwerk24 bevestig dat Anchen gevind is, maar het verdere navrae na die plaaslike polisiekantoor verwys.

"Sy is laasnag gevind en is ongedeerd," het Ferreira bevestig.

Anchen woon saam met haar ma, tweejarige tweelingsussies en haar ma se verloofde in 'n woonstelkompleks in Vredekloof, Brackenfell.

'n Hartseer Ferreira het Dinsdag gesê haar groot vrees is dat ’n ouer man haar kind van die huis weggelok het.

Volgens Ferreira was Anchen se selfoon al sedert Saterdagoggend af, nadat sy Vrydag  kort ná 19:30 laas by hul huis in Chelsea Estate in Vredekloof, Brackenfell, gesien is.

Sy het vir haar ma gesê dat die ouers van ’n maat haar gaan kom oplaai om hulle na ’n Bybelbyeenkoms by Butterfly World buite die Paarl te neem.

Anchen se selfoon is Maandag na Bishop Lavis nagespeur.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

'n Ma se pleidooi
In die video hieronder het Anchen se ma Dinsdag by haar dogter gepleit om van haar te laat hoor. 

Meer oor:  Hanlie Ferreira  |  Brackenfell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.