Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste boer van Ermelo se lyk op sy plaas gevind

’n Boer van Ermelo in Mpumalanga wat sedert die naweek vermis was, is vermoor.

Moolman Meyer (63) se lyk is in die bosse op sy plaas, Waaihoek in die Sheepmoor-gebied, gevind.

Hy is Saterdag laas lewend gesien toe hy en twee werkers met ’n trekker en sleepwa hout in die veld gaan laai het.

Volgens Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA, het ’n vriend van Meyer Dinsdag op die plaas opgedaag op soek na hom.

Geldenhuys het Woensdag vanaf Meyer se plaas met Netwerk24 gepraat, terwyl die polisie volgens hom nog die toneel vir leidrade gefynkam het.

Meyer se vriend het hulp ontbied toe hy net sy bakkie by die huis gevind het.

Met die hulp van die plaaslike plaaswag, TLU SA en die polisie is ’n massiewe soektog na Meyer van stapel gestuur, sê Geldenhuys.

“Ons het Dinsdag tot ná 22:00 gesoek.”

Die soektog is Woensdag hervat en Meyer se lyk is net ná 11:00 in die veld naby sy trekker gevind.

“Hy is erg verniel . . . hy is verskeie kere met ’n kapmes bygekom,” sê Geldenhuys.

Hy het weer eens die geweld wat gebruik word in plaasaanvalle, veroordeel.

Meer oor:  Moolman Meyer  |  Waaihoek  |  Lyk Gevind  |  Plaas  |  Polisie-Ondersoek  |  Vermiste Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.