Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste boer veilig tuis
Michael Barnard Foto: Facebook

’n Man van Ceres in die Wes-Kaap het Maandagaand self by die huis opgedaag nadat hy die vorige dag verdwyn het.

Kennisgewings is op sosiale media gedeel om hulp te vra om Michael Barnard op te spoor. Hierin is genoem hy is ’n boer van Ceres wat betrokke is by sportafrigting vir kinders. Hy is Sondag omstreeks 10:00 in sy Toyota Hilux-bakkie by die plaas weg.

Die polisie sê die 53-jarige Barnard se vrou het die polisie Maandagaand ingelig dat hy by die huis opgedaag het.

Dessie Rechner, direkteur van die Pink Ladies, het bevestig hulle is deur die polisie ingelig dat Barnard veilig terug by die huis is. Sy kon nie meer besonderhede bekendmaak nie omdat sy nog nie self met sy familie gepraat het nie.

Meer oor:  Vermis  |  Boer  |  Ceres
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.