Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste Knysna-sakeman lewe, sê Bolhuis

Bert Scheepers, ’n sakeman van Knysna in die Suid-Kaap wat meer as ’n maand gelede spoorloos verdwyn het, lewe.

So sê die private speurder Mike Bolhuis wat vroeër op versoek van Scheepers (65) se familie ’n spesiale ondersoekspan saamgestel het om sy verdwyning te ondersoek.

Volgens Bolhuis is ’n deeglike ondersoek gedoen en alle moontlikhede bekyk. Hy sê dit blyk dat Scheepers opsetlik en op sy eie weens finansiële redes en familiesake verdwyn het.

Bert ScheepersFoto: Verskaf

Volgens hom word ondersoek nou ingestel na wie Scheepers help. Hy sê sy bevindings word met die familie se toestemming bekend gemaak.

Hy het ’n beroep op Scheepers gedoen om na vore te kom. “Baie geld en mannekrag is gemors in die soektog na hom,” sê hy.

Scheepers, die eienaar van House of Classic and Sports Cars in Knysna se hoofstraat en ’n versamelaar van ou motors, is glo op 9 Mei om 08:00 by sy huis op Thesen-eiland weg om werk toe te gaan. Hy is blykbaar later die dag terug huis toe.

Sy foon en beursie is in die huis gekry, maar daar was geen teken van hom nie. Hy is die volgende dag as vermis aangemeld. Hy was geklee in ’n donker langbroek en ’n ligblou trui toe hy die laaste keer gesien is.

Kringtelevisiebeelde wys nie dat Scheepers Thesen-eiland verlaat nie en sy motor was steeds by die huis. Thesen-eiland en ander eiendomme, waaronder ’n plaas by Uplands en ’n huis op Robberg in Plettenbergbaai, is ook deursoek, maar niks is gevind nie.

Volgens Bolhuis kan Scheepers tans “op enige plek” wees. Hy sê Scheepers se sakebelange en geldsake word tans bekyk.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê Scheepers word steeds beskou as ’n vermiste mens omdat daar geen bewyse is dat hy hom uit die voete gemaak het nie. “Ons ondersoek duur voort.”

Mense met inligting kan Bolhuis by 082 447 6116 bel, of die polisie op Knysna by 044 302 6887, of die Knysna-gemeenskapspolisiëringsforum by 082 574 9657 skakel.

Meer oor:  Bert Scheepers  |  Knysna  |  Sakeman  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.