Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste konstabel se uitgebrande motor gekry

Die twee weke lange soektog na ’n polisievrou van KwaZulu-Natal, konst. Senzeni Msipha (33), mag dalk verby wees.

Konstabel Senzeni Msipha Foto: Verskaf

Haar uitgebrande motor is Dinsdag deur polisiemanne van die Gingindlovu-polisiekantoor, waar sy gestasioneer was, op ’n verlate pad in die omgewing gekry.

Forensiese kenners se hulp is ingeroep en hulle het die uitgebrande wrak vir leidrade gefynkam.

In die wrak het hulle tekens van menslike oorskot gekry. Kapt. Coenie Herbst, die ondersoekbeampte, sê hulle wag nou vir DNS-monsters se uitslae om te bepaal of dit haar oorskot is.

Intussen het die polisie se ondersoek daartoe gelei dat twee verdagtes, onderskeidelik 32 en 35, Woensdag in verband met haar verdwyning in hegtenis geneem is. Een van die verdagtes is haar kêrel.

Die saak teen hulle is vir verdere ondersoek tot 21 Februarie uitgestel en hulle bly in aanhouding.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Vermis  |  Soektog  |  Konstabel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.