Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste leerling met ouers herenig

Die leerling van die Lanternskool in Roodepoort wat Maandag weggeraak het, is Woensdagaand met haar ouers herenig.

Kate Mpho Spies (13), ’n leerling aan dié remediërende skool vir leergestremde leerlinge vanaf gr. 1 tot 12, moes haar pa Maandag buite die skool ontmoet, maar sy was nie daar toe hy by die skool opdaag nie.

Medeleerlinge het Kate Woensdag in ’n straat in Roodepoort sien stap en die skool in kennis gestel, lui ’n verklaring deur die Gautengse departement van onderwys.

Kate Mpho Spies (13) van die Lanternskool in Roodepoort is Woensdag in ’n straat in Roodepoort gevind nadat sy Maandag vermis geraak het. Foto: Missing Children SA

Sy is omstreeks 18:00 met haar ouers herenig.

Volgens die verklaring sal hulle Kate Donderdag vir ’n mediese ondersoek neem. Die onderwysdepartement se maatskaplike eenheid sal ook die gesin bystaan.

Panyaza Lesufi, LUR van die departement, skryf in die verklaring hy is verlig Kate is gevind.

“Ons doen ’n beroep op die skoolgemeenskap om altyd bedag te wees op die veiligheid van ons kinders.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.