Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste man (21) se lyk spoel op strand uit

Die lyk van die 21-jarige man wat verlede Sondag by Diazstrand in Mosselbaai vermis geraak het, het Vrydagoggend vroeg op dieselfde strand uitgespoel.

Amkelo Mzi van Kwanonqaba in Mosselbaai was op ’n uitstappie saam met vriende en het gaan swem toe hy onder die water verdwyn het.

Polisieduikers, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), talle inwoners en lugsteun het aan ’n uitgebreide soektog na Mzi deelgeneem, maar daar was geen teken van die jong man nie.

Die NSRI het vandeesweek in ’n verklaring gesê sy lede is Sondag omstreeks 14:00 van ’n moontlike verdrinking by Diazstrand in kennis gestel terwyl hulle met opleiding besig was. Hulle het bote na die toneel uitgestuur, maar Mzi kon nie toe opgespoor word nie.

Luidens ’n polisieverklaring het sy lyk Vrydag om 00:30 op Diazstrand uitgespoel. ’n Veiligheidswag het op die lyk afgekom en die polisie en nooddienste ontbied.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê ’n geregtelike doodsondersoek is geopen en dat ’n lykskouing gedoen sal word.

Meer oor:  Mosselbaai  |  Lyk  |  Strand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.