Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste man van De Doorns gevind
Morné Olivier, die vermiste 42-jarige man van De Doorns, wat opgespoor is. Foto: Facebook

Morné Olivier, die vermiste 42-jarige man van De Doorns, is gevind, het die polisie Saterdag gesê.

“Die polisie het Olivier Vrydag in Richardsbaai opgespoor,” het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, aan Netwerk24 gesê. Sy wou niks meer sê nie as dat hy veilig is.

Olivier, ’n junior bestuurder by AgriMark, het elke dag meer as 70 km na sy werk in De Doorns gery. Olivier en sy vrou, Annelize, woon in Ceres.

Hy is Maandag vir die laaste keer by sy werkplek in De Doors gesien.

Olivier het glo gesê hy voel nie lekker nie en sou medisyne by ’n plaaslike apteek gaan haal. Hy het nooit by die apteek opgedaag nie. Sy familie het hom later as vermis by die polisiekantoor aangemeld.

Meer oor:  De Doorns  |  Gevind  |  Vermiste Man
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.