Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste menseredder se lyk gevind

Polisieduikers het die lyk gevind van die menseredder wat die naweek in die see naby Muizenberg vermis geraak het.

Thokozani Mthethwa (23) het Saterdag net voor 15:00 geval van ’n reddingslee wat deur ’n jetski gesleep is. Hy en ’n senior menseredder was op pad om drie sweefplankskiërs, wat naby die St. James-strand in die moeilikheid geraak het, te hulp te snel.

Mthethwa, wat agter op die reddingslee was, het vermoedelik tussen 50 m en 100 m van die kus af in die water geval. Die senior menseredder het die jetski bestuur.

’n Uitgebreide soektog het Sondag niks opgelewer nie en is omstreeks 19:00 gestaak en Maandagoggend voortgesit.

Reddingspanne van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), ander menseredders en polisieduikers het onverpoos na hom gesoek.

Mthethwa se lyk is Maandagmiddag laat tussen Strandfontein en die Mnandi-strand gevind.

Meer oor:  Muizenberg  |  Vermis  |  Verdrink
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.