Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste rottweiler in gat naby huis gekry

Panga, die rottweiler wat op 8 Februarie spoorloos verdwyn het op ’n plaas in die Sutherland-distrik, is sowat 300 m van die plaashuis dood in 'n diep gat gevind.

Die hulp van die private speurder Mike Bolhuis is ingeroep nadat ’n vroeëre uitgebreide soektog na die hond niks opgelewer het nie. Hulle het toe binne 'n dag op die karkas van die hond afgekom waar dit in 'n diep gat gelê het.

Mense het vroeër dae lank na Panga gesoek. Vliegtuie, hommeltuie en spoorsnyers is selfs ingespan.

Panga het op die plaas tussen Sutherland en Matjiesfontein verdwyn nadat hy en nog ’n rottweiler die oggend omstreeks 03:30 uitgelaat is om ’n draai te gaan loop.

Net Unja, die ander rottweiler, het teruggekom.

Ada Cloete en die klein Mapogo.Foto: Verskaf

Ada Cloete, Panga se eienaar, het vermoed daar was koedoes naby en dat ’n luiperd agter hulle aan was toe Panga tussenbeide gekom het.

Bolhuis sê ’n lid van die Facebookgroep Rottweiler South Africa het hom gekontak om na Panga te soek. Hy het ’n ondersoeker – wie se naam om veiligheidsredes weerhou word – van sy Kaapse spesialiseenheid na die plaas gestuur. Die ondersoeker het Woensdag op die plaas aangekom en teen Donderdag is Panga gevind.

Hulle het eers in die berge op die plaas (van 6 000 ha) begin soek en die pad na die huis teruggewerk.

“Ek het maar al my sintuie gebruik en in elke gat en onder elke boom en tak gekyk,” sê die ondersoeker.

“Naby die huis het ek ’n reuk opgetel van iets wat verrot. Ek het die reuk gevolg na ’n gat wat lyk soos dié van ’n miervreter. Dit is so 300 m van die huis af. Ek het met my flits in die gat af geskyn en toe die swart pels gesien.”

Hy sê die gat is baie diep en Panga is deur ’n luiperd daar ingetrek.

Donderdag en Vrydag het hulle probeer om die karkas uit die gat te sleep. Volgens die ondersoeker was daar duidelike tekens dat ’n luiperd aan die karkas gevreet het.

Hy het Cloete-hulle aangeraai om die hond in die gat te los.

Die feit dat Panga se karkas so naby aan die huis was, wys hoe dapper die hond was, sê hy. “Hy het duidelik sy huis probeer beskerm.”

Cloete sê Panga was “diep” in die gat af. “Daar was ’n groot bloedstreep die gat in.”

Sy het nou ’n nuwe rottweiler-hondjie wat sy Mapogo noem.

Meer oor:  Mike Bolhuis  |  Panga  |  Rottweiler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.