Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste sakeman van KZN se lyk gevind

Die lyk van ’n 52-jarige sakeman van Pinetown is Donderdag in ’n verlate huis in Bellair in KwaZulu-Natal gevind nadat hy Dinsdag deur sy familie as vermis aangemeld is.

Dhanpall Rajcoomar, wat vragmotors uithuur, sou Dinsdag ’n voornemende klant voor die Bellair-polisiekantoor ontmoet. Die klant wou ’n Isuzu-vragmotor huur om ’n vensterraam te vervoer, maar Rajcoomar het nooit opgedaag nie, sê Prem Balram, woordvoerder van die plaaslike veiligheidsmaatskappy Reaction Unit South Africa, wat na die vermiste man help soek het.

Volgens Balram is beeldmateriaal later verkry waar ’n vreemde persoon Rajcoomar se vragmotor bestuur. Die vragmotor is later verlate in Chatsworth gevind.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van moord word ondersoek nadat Rajcoomar se lyk Donderdagoggend omstreeks 08:00 in ’n huis in Mount Vernon-weg in Bellair gevind is.

“Die oorledene se hande was met kabels agter sy rug vasgemaak. Sy bene was ook vasgemaak. ’n Lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal,” het Gwala gesê.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Vermis  |  Sakeman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.