Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste seun kruip vermoedelik in skool se dak weg

’n Tienerseun van Kingstown in Despatch wat Vrydag as vermis aangemeld is, het vermoedelik dae lank in sy skool se dak weggekruip.

Die opsigter van die skool het Maandagoggend op die gedehidreerde 13-jarige seun afgekom waar hy op die vloer van die skool se kleedkamers gelê het.

Die seun het vermoedelik in die dak weggekruip, sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap.

Dit is onbekend of hy deur die plafon geval het, of uitgeklim het en te swak was om verder te beweeg.

Teen Maandagmiddag het die polisie nog nie ’n geleentheid gehad om die seun te ondervra nie.

Hy is Woensdagoggend laas deur sy stiefpa gesien wat hom by die skool afgelaai het. Toe sy stiefpa hom omstreeks 13:30 by die skool wou oplaai, was die seun skoonveld.

Naidu sê die familie het aanvanklik self na die seun gesoek en hom Vrydag as vermis aangemeld.

Meer oor:  Polisie  |  Skool  |  Oos-Kaap  |  Despatch  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.