Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste seuntjie (1) se lyk in drein gevind

Die soektog na ’n vermiste eenjarige seun van Kareedouw het tragies geëindig toe sy lyk in ’n drein gevind is.

Viron Pantry, van die New Rest omgewing in Kareedouw, is Vrydagaand om 17:00 deur sy ma as vermis aangemeld.

Die gemeenskap en die polisie het saam na die seuntjie gesoek, en het Saterdagoggend op sy lyk afgekom.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê die span wat na die kind begin soek het, het Vrydag gesoek tot sonsondergang, maar sonder enige sukses.

Toe die soektog vroeg Saterdagoggend voorgesit is, is Viron se lyk in ’n drein gevind, nie ver vanwaar hy weggeraak het nie.

Viron het Vrydag saam met sy ma by vriende gaan kuier. Sy woon volgens Govender in Mountainview.

“Viron het met vyf ander kinders tussen die ouderdom van twee en drie jaar oud gespeel. Hy was nie saam met die groep toe die volwassenes gaan kyk het of die kinders nog veilig is nie.”

Die kinders kon nie vir die volwassenes vertel wat van Viron geword het nie.

Meer oor:  Kareedouw  |  Vermis  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.