Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste tiener van Bonteheuwel veilig tuis
Nabeelah Begg (16) Foto: Facebook

Die vermiste tiener Nabeelah Begg (16) van Bonteheuwel in Kaapstad is veilig, ongedeerd en weer terug by haar familie.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê Begg is ongeskonde gevind en aan haar familie terugbesorg.

Begg was sedert Dinsdag vermis toe sy laas gesien is op pad skool toe in haar skoolklere – ’n grys broek en wit skoolhemp.

Haar voog, Imaan Mohamed, sê hulle was siek van bekommernis oor haar verdwyning.

Die familie het ook bespiegelinge gehoor dat Begg in Heideveld, ’n aangrensende woonbuurt, saam met haar vriendin gesien is.

Talle mense het glo gesien hoe die twee vriendinne verskeie dae saam rondgestap het. Niemand kon egter toe sê waar Begg haarself bevind het nie.

Nabeelah Begg (16) is as vermis aangemeld. Foto: Facebook

Meer oor:  Bonteheuwel  |  Kaapstad  |  Vermiste Kind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.