Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste vrou ongedeerd, man ‘weet nie wat aangaan’
Philip en Ellwia Bezuidenhout van Modimolle, Limpopo. Foto: Facebook/Philip Bezuidenhout

Die vrou van Modimolle, Limpopo, wat bykans ’n week vermis was, het Maandag met die polisie kontak gemaak.

Ellwia Bezuidenhout (43) is ongedeerd, het ’n lid van die polisie se speurtak in Modimolle, wie se naam nie genoem mag word nie, aan Netwerk24 bevesig.

“Ons weet waar sy is. Sy is ongedeerd,” sê die kaptein.

Die Pink Ladies, wat help om vermiste mense op te spoor, het op hul Facebook-blad ook aangedui dat sy “gevind” is.

Haar man, Philip Bezuidenhout, het Maandagmiddag aan Netwerk24 gesê hy weet nie wat aangaan nie. “My vrou is gevind, maar ek het haar nog nie gesien of met haar gepraat nie. Ek weet nie wat aan die gang is nie.”

Ellwia is op 20 Oktober voor 09:00 die laaste keer deur haar man gesien by hul huis in Nyalastraat in Modimolle.

Sedertdien was daar geen teken van haar nie. Sy is sonder enige klere of haar tandeborsel by die huis weg.

Bezuidenhout het Maandag gesê hy is die afgelope week “deur hel” van bekommernis.

Hy het Sondag aan Brümilda Swartbooi gesê: “Daai vrou is my hele lewe. Ek lewe vir haar. Sonder haar is ek soos ’n afgeblaasde ballon.”

Bezuidenhout het Maandag gesê hy hoop om vinnig meer uit te vind oor waar sy vrou was.

Meer oor:  Pink Ladies  |  Modimolle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.