Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermiste Vrystaatse gesin opgespoor

’n Gesin van Odendaalsrus oor wie se welstand daar groot kommer was, is Donderdag in Durban opgespoor.

Die drie, Victor Bosman (55), Charlene Lombard (27) en Jay Lombard (5) is Dinsdag as vermis aangemeld nadat hulle nie uit Alberton na Odendaalsrus gery het soos beplan nie, sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder.

Charlene Lombard (27) wat saam met haar seun, Jay, en lewensmaat, Victor Bosman, in Alberton verdwyn het, is in Durban opgespoor. Foto: Verskaf

Die gesin het nadat dit bekend geword het dat hulle as vermis aangemeld is, Donderdagaand na die Point-polisiekantoor in Durban gegaan.

Volgens familielede wat die gesin as vermis aangemeld het, het hulle op 18 Januarie na Secunda geryloop omdat Bosman moontlik daar werk kon kry. Hulle het die volgende dag met ’n minibustaxi uit Secunda gery.

Hulle het in Alberton gevra dat iemand vir hulle geld vir kos oorplaas maar daarna kon niemand hulle weer op hul selfone bereik nie.

Makhele sê hulle het uit Alberton na Durban geryloop, plaas daarvan om terug na Odendaalsrus te gaan.

Ao. Maria de Wet, wat die voorval ondersoek het, het gereël dat die gesin tydelike huisvesting in Durban kry.

Makhele sê die polisie in Odendaalsrus sal hulle met vervoer help na hul tuiste in dié dorp.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/polisie-soek-gesin-wat-spoorloos-verdwyn-20210127

Meer oor:  Odendaalsrus  |  Vermis  |  Gesin  |  Opgespoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.