Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermoorde Boshof-egpaar op troosdiens gehuldig

Sakkie en Ina van der Berg wat verlede Vrydag in ’n plaashuis buite Boshof in die Vrystaat vermoor is, was vir hul kollegas soos liefdevolle ouers by wie hulle waardevolle lewenslesse geleer het.

So is die egpaar Dinsdag by ’n troosdiens in die AGS-kerk in Kimberley onthou deur hul kollegas van 3L Development waar hulle gewerk het.

Die brief by die troosdiens van Sakkie en Ina van der Berg wat verlede Vrydag op ’n plaas buite Boshof vermoor is. Foto: Charné Kemp

Die troosdiens is gelei deur Barry Cronje en sy vrou, Suzette, wat ook ’n pastoor is. Cronje is die uitvoerende hoof en Suzette die stigter en ’n direkteur van 3L Development, ’n maatskappy sonder winsbejag wat gemeenskapsontwikkeling doen.

Sakkie van der Berg was die personeelhoof en psigometris en Ina ’n administrateur wat projekte geverifieer het.

Snikke het in die kerksaal opgeklink, veral toe Cronje hul skok op die grusame moordtoneel beskryf het.

Crpnje en Van der Berg was meer as 30 jaar lank kollegas en vriende.

“Sakkie was deeglik en streng met spertye. Hy was ’n eerlike mens wat sou sê wanneer ons verkeerde besluite neem. Hy was ook ’n vrolike mens wat gek na musiek was – hy en Ina was mens-mense.”

Barry Cronje, uitvoerende hoof van 3L Development, praat oor sy herinneringe aan Sakkie en Ina van der Berg wat verlede Vrydagaand op ’n plaas buite Boshof vermoor is. Foto: Charné Kemp

Die Van der Bergs het volgens Cronje diep spore in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes getrap met sy werk by die destydse Landelike Ontwikkelingsagentskap.

“Al het hy weens ’n fratsongeluk nie hande gehad nie, het sy hande vir niks verkeerd gestaan nie. Hy het skape en pluimvee aangehou, kos gemaak, groente gekweek, geskilder en gebou. Sy laaste projek was om ’n spitbraai te sweis, wat hy Blinkstefaans genoem het,” sê Cronje.

“Jy kon enige tyd by hulle aankom en sou altyd iets te ete en te drinke kry.”

Die egpaar wou op die plaas bly, al het hul kollegas hulle gewaarsku dat dit gevaarlik is, sê Cronje.

“Dit is moeilik om hul dood te aanvaar, maar ons vier hul lewe. Op 67 en 62 is hul lewe gedoof. Ons groet, maar dit is nie vaarwel nie.”

Barry en Suzette Cronje was hegte vriende en kollegas van Sakkie en Ina van der Berg, wat verlede Vrydag op ’n plaas buite Boshof vermoor is.Foto: Charné Kemp

Suzette het in haar boodskap gesê ná die dood van hul dogter, spreek sy nie ’n mening oor die dood uit nie.

“Maar as mens worstel jy met God oor die dood. Ons wat agterbly, moet die lig in ons laat skyn. Net soos wat die lig uit Sakkie en Ina geskyn het.

Patrick Speelman en Lizl Smith, kollegas van Sakkie van der Berg, het hulde by die troosdiens gebring. Foto: Charné Kemp

“Hy was ’n voormalige Comrades-atleet en nie bevrees nie, selfs nie in sy laaste oomblikke nie. Hy het altyd, selfs in swaar tye, geglo alles sal regkom. Hul lig is nie dood nie.”

Patrick Speelman, direksielid van 3L Development, sê Van der Berg was soos ’n pa vir hom.

“Hy het my as ’n groentjie vertroos en opgehef. Hy kon ons altyd kalmeer in spanningsvolle tye. Oom Sakkie en tannie Ina het hul lewe geleef, nie verloor nie.

“Een van sy beginsels wat ek kan toepas, is om altyd allerlei soorte vleissnitte vir almal te braai en voor te sit. Hy sou homself laaste bedien.”

Lizl Smith, ook ’n bestuurder by 3L Development, sê die egpaar se dood laat ’n groot leemte.

“Ons kollegas vertroos bymekaar, net soos Sakkie-hulle ons altyd beter laat voel het.”

Suzette Conje en Seldrina Morokanyane troos Ismaeel Kleintjie. Hulle was kollegas en vriende van Sakkie en Ina van der Berg. Foto: Charné Kemp
Meer oor:  Ina Van Den Berg  |  Sakkie Van Den Berg  |  Vrystaat  |  Boshof  |  Boshof-Moorde  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.