Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermoorde Courtney Pieters se ouer suster verdwyn

Mikayla Pieters (17), die ouer suster van die driejarige Courtney Pieters wat in Mei 2017 in haar ouerhuis in Elsiesrivier verkrag en vermoor is, het Saterdagmiddag verdwyn.

Die boodskap wat op Gangwatch versprei word oor Mikayla se verdwyning. Foto: Verskaf

Volgens ’n plasing op die Gangwatch-groep het Mikayla Saterdag omstreeks 18:00 by Delft op ’n taxi na Elsiesrivier geklim. Sy is daarna nie weer gesien nie.

Sy het ’n pienk hempie gedra.

Marsha Wayne, wat as kontakpersoon by die plasing aangedui word, het Sondagaand gesê hulle soek nog na Mikayla, maar gaan nie nou enige verdere inligting bekend maak nie.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê Mikayla is Saterdagmiddag as vermis by die polisie aangemeld. “Sy is steeds weg, ons soek nog na haar.”

Die moord op klein Courtney het die land geruk. Haar moordenaar, Mortimer Saunders (42), is in Desember 2018 twee keer lewenslange tronkstraf opgelê weens haar moord en verkragting.

Regter Pearl Mantame het gelas dat die vonnisse nie gelyklopend uitgedien word nie.

Saunders het beken hy het Courtney vermoor, maar het gesê hy het haar eers verkrag nadat sy dood was. Die hof het egter anders bevind.

Saunders het erken hy het Courtney met ’n oop hand teen die voorkop geslaan, haar mond toegedruk en haar gewurg. Saunders het die meisietjie ook met miergif vergiftig.

Meer oor:  Courtney Pieters  |  Elsiesrivier  |  Verkrag  |  Verdwyn  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.