Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermoorde jong skeidsregter van Bfn begrawe

’n Belowende jong skeidsregter is die naweek te ruste gelê nadat hy vroeër enkele meters van sy ouerhuis in Bloemfontein vermoor is.

Lebogang Mmihi. Foto: Lebogang Mmihi/Facebook

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het Maandag Lebogang Mmihi (21) se dood betreur.

Hy is vroeër vandeesmaand enkele meter van sy ouerhuis in die Batho-woonbuurt in Bloemfontein deur twee onbekende mans doodgesteek.

Die motief vir die moord is onbekend.

Mmihi, wat in 2012 sy sokkerloopbaan vaarwel toegeroep het, is Saterdag in Bloemfontein begrawe.

Nadat hy sy stewels opgehang het, het hy onder meer in die ABC Motsepe-liga, die SAB-liga en ander kleiner ligas in Bloemfontein as skeidsregter opgetree.

Lehlohonolo Maduna, algemene sekretaris van die Bloemfonteinse Sokkervereniging, het sy skok en afgryse oor Mmihi se ontydige dood uitgespreek.

Hy sê Lebo, soos hy alombekend was, het per toeval ’n skeidsregter geword.

“Daar was geen skeidsregter om vir ’n wedstryd te blaas waarin sy span, Mangaung United, gespeel het nie. Hy het die fluitjie oorgeneem en die wedstryd uitsonderlik behartig.

“Ons het net daar besluit om hom aan te stel.”

Maduna sê onder die leierskap van Enoch “The Great” Molefe het Lebo verder in sy nuwe posisie as skeidsregter gegroei.

“Hy het nooit teruggekyk nie en het keer op keer gewys dat hy ’n goeie skeidsregter is.

Maduna sê Lebo se dood laat ’n groot leemte en sy respek en dissipline vir die spel, asook sy vriendelikheid, sal veral gemis word.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Sokker  |  Skeidsregter  |  Begrafnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.