Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermoorde Mihalik se seun ‘herstel goed’

Die seun van die vermoorde adv. Pete Mihalik (50) van Kaapstad herstel glo goed nadat hy Dinsdag gewond is tydens ’n gewaagde sluipmoord buite sy skool in Groenpunt.

News24 verneem dat ’n omsendbrief Vrydag aan ouers van die Reddam House Atlantic Seaboard-skool in Groenpunt uitgestuur is om hulle oor die seun se welstand in kennis te stel.

“Dit is belangrik dat almal verstaan dat hy besig is om te herstel, en dat hy baie goed doen.

“Al die gebede en liefde dra by tot sy herstel,” het ’n familielid gesê.

Adv. Pete Mihalik Foto: Adrian de Kock

Twee verdagtes, Sizwe Sinzokohle Biyela (26) en Nkosinathi Khumalo (31), het Donderdag in die landdroshof in Kaapstad verskyn in verband met die moord.

Die hofsaal is deur lede van die polisie se bende-eenheid bewaak.

Biyela en Khumalo is aangekla nadat Mihalik Dinsdag in sy Mercedes-Benz doodgeskiet is, enkele meters vanaf sy kinders se skool.

Mihalik se dogter is nie in die voorval beseer nie. Sy seun is na ’n hospitaal toe gebring vir behandeling, voordat hy na ’n ander mediese fasiliteit oorgeplaas is.

Hy het ’n skietwond aan sy kaak opgedoen.

Adv. Heleen Booysen, ’n senior staatsaanklaer, sê die staat gaan bewys dat die moord vooraf beplan is, en dat dit ’n skedule 6-misdryf is.

Die beskuldigdes word aangekla van moord, poging tot moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Op die aanklagte van moord sê die staat “Peter Frederich Mihalik” is in die kop geskiet, en dat die moord uitgevoer is vir die bevordering van ’n gemeenskaplike doel of sameswering.

Die saak is uitgestel tot 8 November.

Meer oor:  Adv. Pete Mihalik  |  Moordsaak  |  Huurmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.