Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermoorde se broer help vrou, baba langs die pad

Die vermoorde Natasha Mans se broer het vandeesmaand tot die redding van ’n ma van Kaapstad en haar dogtertjie gekom toe die meisie in haar ma se motor op ’n besige pad in die Kaap verstik het.

Ben Mans (40), wie se suster Natasha verlede jaar dood in die erf van haar vriend se huis buite Bloemfontein gevind is, het verlede Maandagmiddag sonder om te huiwer in sy motor stilgehou en Kelly Malan (35) van Sunningdale, Kaapstad, en haar baba na ’n hospitaal geneem.

Dit het omstreeks 16:30 op Sandownweg, Rondebosch, gebeur.

Kelly Malan (35) en haar baba, Dani.
Ben Mans. Foto: Facebook

Volgens Malan, wat haar storie later op Facebook vertel het, het die eenjarige Dani by die skool siek geraak, waarna sy haar gaan haal het.

Sy het dit die “angswekkendste dag van my lewe” genoem.

“Op pad huis toe het Dani in die motor naar geword en hoe naarder sy geword het, hoe meer het sy begin verstik.

“Ek het so goed as wat ek kan van die pad afgetrek en haar uit haar babastoeltjie gehaal en só gehou dat sy kon asem kry. Ek het motors probeer stop vir hulp en ’n paar het verbygery. Ben was die derde motoris en hy het gestop,” sê Malan.

Volgens haar het Mans, wat kaste installeer, dadelik ingestem om haar hospitaal toe te neem. Hy het ’n vriend gebel om Malan se motor te gaan haal en vir haar te bring.

By die hospitaal het hy haar motorsleutel gevra om haar motor te gaan haal. Hy het ook sy besigheidskaartjie vir haar gegee om hom te kontak.

Malan sê sy het dit oorweeg om self hospitaal toe te ry, maar sy kon nie die kans waag dat Dani steeds kon verstik nie.

“Hy het later teruggekom met my motor en het my sleutel vir my gegee. My selfoon en beursie was in my motor. Ek weet nie hoekom ek hom vertrou het nie, ek het net.

“Hy was so kalm. Ek het nie gedink iemand sal stop en my nog so baie sal help nie. As ek nou terugdink was dit miskien nie die slimste ding om te doen nie. Ben is ’n baie nice mens.”

Volgens Malan het Mans haar ook die naweek gebel om seker te maak hulle is oukei. Hy het ook haar familie ontmoet.

Mans, wat die dag na ’n vriend op pad was, sê hy kon sien Malan het hulp nodig.

“Sy was heel verbaas toe ek met haar motor en sleutel by die hospitaal aankom. Sy het nie woorde gehad nie.

“Dit is net my instink wat ingeskop het. Ek sien nie myself as ’n held nie, ek weet enige van my vriende sou dieselfde gedoen het. Kelly het regtig hulp nodig gehad en ek is net bly ek kon help. Dit vat niks om iemand te help nie,” sê Mans.

Volgens hom is hy oorweldig deur al die boodskappe wat ingestroom het nadat Malan van haar wedervaring op Facebook vertel het.

“Ek is dankbaar vir elke boodskap wat ek gekry het. Kelly het ook my besigheid blootstelling gegee. Ek weet daar is baie mense wat elke dag goeie dade doen, maar net nooit dié blootstelling kry nie.”

Hulle het nou ’n goeie vriendskap gevorm, sê Mans.

* Natasha Mans het op 30 Mei 2018 spoorloos verdwyn en haar lyk is twee weke later onder raaiselagtige omstandighede in die erf van haar vriend, Dennis Casten, in Groenvlei buite Bloemfontein gevind.

Kelly Malan het op Facebook van haar wedervaring vertel. Foto: Facebook

Meer oor:  Kelly Mans  |  Natasha Mans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.