Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermoorde vrou het kinders elke maand besoek

Die vermoorde Yolandi Botes (35) het saam met haar man, Wietzue, in Danabaai gewoon en sy het een keer per maand vir haar drie kinders aan die Oos-Rand gaan kuier.

Botes se drie dogters uit ’n vorige huwelik het by hul pa gewoon en sy het op 26 April vanaf George gevlieg om hulle te besoek.

Sy het verdwyn kort nadat sy in Johannesburg geland en met ’n Uber-taxi van die lughawe af gery het.

Haar familie het sedert haar verdwyning onverpoosd na haar gesoek en daagliks op sosiale media gevra dat mense aanhou om op die uitkyk vir haar te wees.

Wietzue en Yolandi Botes. Foto: Verskaf

Die soektog het Dinsdag, ’n week ná haar verdwyning, tragies geëindig toe ’n pa en seun in die Vaalrivier by die Vaal-vakansieoord buite Villiers in die Vrystaat op liggaamsdele afgekom het.

Die polisie is ontbied en polisieduikers het verskeie liggaamsdele in die rivier gevind.

Botes is aan ’n tatoeëermerk uitgeken en die polisie ondersoek volgens ’n ingeligte persoon nou twee moontlike misdaadtonele. Een aan die Oos-Rand en een by die vakansieoord waar Botes se moordenaar van haar lyk ontslae geraak het.

Een van Botes se susters, Mariska Oosthuizen, het op Facebook gesê die familie eis geregtigheid.

Volgens haar is Botes se moord beplan en het die polisie versuim om leidrade op te volg.

“My suster is in stukke gekap en in ’n rivier gegooi asof sy niks was nie. Sy was nie niks nie, sy was ’n mens, ’n ma, ’n dogter, ’n suster, ’n eggenoot, ’n vriendin.”

Yolandi Botes (35) se lyk is in stukke gekap en buite Villiers in die Vaalrivier deur hengelaars gevind. Foto: Verskaf

Hoewel daar voorheen wyd bespiegel is dat die misdaad met die Uber-huurmotor verband hou, sê die familie nou dit lyk asof dit ’n beplande moord was deur iemand wat geweet het Botes besoek haar kinders maandeliks in Gauteng.

’n Vriendin van Botes, Davlyn Bredenkamp, sê sy en Botes was ongeveer 12 jaar lank vriende. Sy sê Botes was ’n baie spontane mens wat lief was daarvoor om ander te help.

Bredenkamp sê Botes het haar kinders baie gemis en gereeld vir hulle in Gauteng gaan kuier.


Meer oor:  Yolandi Botes  |  Vrou  |  Kinders  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.