Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vermy R44-pad by Kleinmond

Die R44-pad deur Kleinmond in die Wes-Kaap was Dinsdagoggend steeds gesluit nadat inwoners Maandagaand op die roete begin betoog het.

Volgens die polisie hou die betoging verband met die inwoners se voortslepende vete met die plaaslike munisipaliteit oor swak dienslewering in die gebied.

Brandende buitebande en klippe is in die pad gesit en die verkeer word deur Palmiet herlei.

Die protesoptrede het omstreeks 19.30 begin.

Lt.kol. Anna May het gesê die polisie is na die toneel ontbied en die situasie was teen 21:30 rustiger.

“Die polisie sal in die omgewing bly om die situasie dop te hou,” het May gesê.

Die Overland Herald het verlede week oor vergaderings tussen die dorpsbestuurder en die gemeenskap berig.

Die gemeenskap eis glo dat die Rooi Miere onttrek word uit Over Hills, waar onwettige plakkers ingetrek het. Ander plakkers het glo op ’n sokkerveld erwe begin uitsit.

Volgens May is die inwoners ontevrede oor die uitkoms van al die vergaderings.


Meer oor:  Kleinmond  |  Overstrand  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.