Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Verrassing! Dis ‘n ooievaarstee vir jou brak

’n “Noodgeval” waarheen ’n verkeerskonstabel en buurtwaglid van Port Elizabeth verlede Saterdag ontbied is, was toe al die tyd ’n verrassingsooievaarstee vir haar en haar geliefde Duitse herdershond, Dixie.

’n Oproep wat Suzette Ludeke van Port Elizabeth verlede Saterdag ontvang het dat sy moes gaan help met “probleme” by die Duitse klub in die stad was toe al die tyd vir ’n verrassingspartytjie vir haar en haar Duitse herdershond, Dixie.

Suzette Ludeke (46) se sewejarige hond Boaz moes in Mei van kant gemaak word nadat hy limfklierkanker gekry het.

Sy was gebroke, maar ’n rukkie later het sy vir Dixie gekry wat haar “hart kom heelmaak” het.

Dixie is in die ouderdom van ses weke as brandmaer hondjie by ’n onwettige teler weggeneem.

“Ek en ’n vriendin het destyds gesels en ek het skertsend vir haar gesê my vriende sal vir my ’n ‘ooievaarstee’ moet hou vir nuwe benodigdhede vir die nuwe hond.”

Dié gesprek het vasgesteek in die gedagtes van Yolandi Burness, wat soos Suzette ’n buurtwagpatrollielid is, en sy het toe onlangs die partytjie in die geheim gereël.

Toe Ludeke Saterdagmiddag ’n oproep kry dat daar probleme by die stad se Duitse klub is, het sy Dixie in haar bakkie gelaai en hulle altwee daarheen gehaas. Suzette en Dixie is soos kettie en klip en waar Suzette gaan, daar gaan Dixie.

“Sy het haar eie kamer met haar eie bed. Sy is haar ma se oogappel,” sê Ludeke.

Die “noodgeval” was toe al die tyd die ooievaarstee.

“Toe ons by die klub inloop, was daar ballonne oral en die volgende oomblik het 25 van haar vriende saam geskreeu “Sur­prise!’,” sê Burness.

“Ek was so geskok ek het begin huil,” sê Ludeke.

Daar was ’n hoop geskenke vir Dixie: Van kos en sagte speelgoed tot ’n borsel waarmee Ludeke hondehare van haar klere kan afborsel. Die hondekos gaan Ludeke aan die Animal Anti-Cruelty League skenk.

Daar was selfs ’n pienk koek met die woorde “Baby Girl”.

Een van die gaste het opgemerk die “ooievaarstee” was selfs beter as haar dogter s’n.

Burness sê Ludeke is baie betrokke en geliefd in die stad. “Ek en nog ’n patrolleerder het besluit sy doen so baie vir mense en kry nooit iets terug nie. Suzette sal haar laaste bord kos vir iemand gee wat nie het nie.”

Die klub is versier en vingereetgoed is voorgesit. Vir Dixie was daar lewerkoekies wat Burness gebak het. “Dixie was mal daaroor.”

Sy sê doggy showers kry oorsee groot aftrek, maar is nie iets wat eintlik al in Suid-Afrika posgevat het nie.

Meer oor:  Verrassing  |  Hond  |  Buurtwag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.