Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Verslag oor ‘blackface’ by US klaar

Die kommissaris wat deur die Universiteit Stellenbosch (US) aangestel is om gebeure rondom die tydelike skorsing van Christine “Poekie” Briedenhann en Jo-Anne Cloete uit die koshuis Heemstede te ondersoek is eindelik klaar.

Die verslag word Vrydag verwag, nadat die ondersoek weens die universiteitsvakansie, openbare vakansiedae en die onbeskikbaarheid van sleutelbelanghebbendes vir onderhoude vertraag is.

Die verslag oor die sogenaamde “persgesig-voorval” sal aan die raadsvoorsitter, George Steyn, gelewer word, wat op sy beurt sal besluit hoe dit hanteer moet word.

“Ons kan verwag dat die verslag eers met raadslede gedeel sal word voordat dit aan die publiek bekend gemaak sal word. Presies hoe dit sal gebeur, is die voorsitter se besluit,” het Susan van der Merwe, US-kommunikasiehoof, gesê.

Die volgende raadsvergadering vind op 22 Junie plaas.

Adv. Renata Williams (SC) is deur die universiteitsraad aangestel om die ondersoek na die voorval in Februarie te lei.

Cloete en Briedenhann is aan die begin van Februarie vanjaar tydelik uit die vrouekoshuis Heemstede geskors nadat hulle hul lyf en gesig vir ’n partytjie geverf het.

Briedenhann het ’n foto van haar en Cloete op haar Instagram-profiel gelaai waarop dit aanvanklik gelyk het of hulle swart geverf is.

Die US se hantering van dié situasie, asook die gedrag van studente wat na aanleiding van die voorval by Heemstede “ingebreek” het, het deel van haar ondersoek gevorm.

Briedenhann se pa, dr. Joggie Briedenhann, het vroeër gesê hulle oorweeg regstappe teen die universiteit.

“Ons geval het verskeie tekortkominge in die universiteit se beleide en prosedures, asook die optrede van sy amptenare, ontbloot,” het die twee vrouestudente vroeër in ’n verklaring gesê. “Ons wil verseker dat ander studente nie op soortgelyke wyse deur hierdie tekortkominge in die toekoms benadeel en verontreg word nie.”

Briedenhann kon nie onmiddellik om kommentaar bereik word oor of dié regstappe voortgaan nie.

Meer oor:  Heemstede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.