Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Verslag oor RDM-ontploffing einde van week verwag

Die polisie se forensiese ondersoek na die ontploffing verlede week in Rheinmetall Denel Munition (RDM) se aanleg in Macassar naby Somerset-Wes sal na verwagting einde vandeesweek afgehandel wees.

Rheinmetall Denel Munition (RDM) se aanleg in Macassar.Foto: Jaco Marais

’n Reuseontploffing het verlede Maandag agt werkers se lewens geëis.

Norbert Schulze, uitvoerende hoof van RDM, het gesê die maatskappy het gehoop dat die forensiese uitslae Dinsdag beskikbaar sou wees.

“Ons prioriteit bly steeds die gesinne en ons verskaf enige hulp wat ons kan, insluitend deurlopende berading,” het Schulze gesê.

Die name van die slagoffers van die ontploffing is nog nie amptelik deur die maatskappy bekend gemaak nie.

Schulze sê die maatskappy sal gereeld inligting aan die publiek deurgee, maar kan slegs die name van die oorledene bekend maak sodra die indentifiseringsproses afgehandel en die families geraadpleeg is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.