Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Versoeke vir ‘Die Stem’ raak nie minder – Steve
Hofmeyr skryf saam met dié foto: “As jy rassistiese mense wil boikot wat al saam my gepose het, kan jy dalk hier begin.”Foto: Facebook

Die versoeke dat hy “Die Stem” moet sing, word net nie minder nie, sê Steve Hofmeyr op Facebook.

Hy het verlede week by “Jenny’s (Krugersdorp), Thulani (Pretoria) en Mashudu (Vaalwater)” opgetree en beskryf die optredes as “loutere plesier”.

Hy sê verder in die Facebook-inskrywing dat “Swart Twitter nog ineenstort” oor die borge van Afrikaans is Groot (AIG), terwyl hy vir die borge vra: “Hoe hoog moet ons vir julle spring? Ons weet wat dit is. Dis g’n boikot nie. Dis onrusbeheer. Ritalin vir barbare.”

Hofmeyr meen selfs “onskuldiges” wat saam met hom op foto’s verskyn, word swartskape gemaak deur “Swart Twitter”.

“Ek groet solank die tientalle puik swart personeel, swart werkers, swart dansers en swart kunstenaars wat ons sal verloor sonder AIG borge” (sic).

Ek groet solank die tientalle puik swart personeel, swart werkers, swart dansers en swart kunstenaars wat ons sal verloor sonder AIG borge.

Hofmeyr sê egter sý jaar is vol, want “my mense dra my, want hulle weet waarvoor ek staan”.

“Ek staan vir hulle,” skryf Hofmeyr, al kry hy nie geborgde voertuie, fone of T-hempies nie – hy betaal self vir sy ou Ford.

Dít kom nadat MTN, wat sedert 2015 ’n AIG-borg is, sy borgskap weens Hofmeyr se betrokkenheid by die AIG onttrek het.

MTN het voorgestel dat hy weer met die AIG kan vergader om te praat oor sy betrokkenheid in die toekoms.

Twitter-gebruikers het daarna vir Toyota begin pols om ook sy bande met die AIG te sny, waarna Toyota in ’n verklaring gesê het dat hy die AIG as ’n entiteit ondersteun en nie individuele kunstenaars nie.

Meer oor:  Die Stem  |  Steve Hofmeyr  |  Aig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.