SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Algemeen
Vertragings op N1 in Pta nadat bakkie uitbrand

Pretoriase motoriste moet hulle staal vir groot vertragings op die N1-snelweg nadat twee bane in ’n noordelike rigting Vrydagmiddag gesluit moes word weens ’n bakkie wat aan die brand geslaan het.

Die voorval het omstreeks 14:00 gebeur tussen die Garsfontein- en Lynnwood-afrit.

Volgens sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder vir die Tshwane-metropolisie, het die bakkie chemikalieë vervoer.

Geen ander voertuig was in die voorval betrokke nie.

Shawn Herbst, Netcare911-woordvoerder, sê die bestuurder het glo beheer oor die bakkie verloor.

“Die bakkie het omgeslaan en olie gemors, wat aan die brand geslaan het,” sê Herbst.

Mahamba sê die bakkie het heeltemal uitgebrand.

“Die brand is in bedwang gebring, maar die bane bly gesluit totdat die ondersoek afgehandel is,” sê hy.

Na verneem word, het die drie insittendes van die bakkie van die toneel gevlug.

Die bane bly gesluit tot verdere kennisgewing en motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te neem.

Enigiemand met inligting oor die voorval, kan dit by hul naaste polisiekantoor aanmeld.

Embed:

https://twitter.com/nelson_kb/status/1083677197276274689

https://twitter.com/Sikho___/status/1083703195619287040

https://twitter.com/TrafficSA/status/1083712394025713664

https://twitter.com/ZAROUTE66/status/1083690406406180866

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.