Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Verwarmer bly aan; koshuiskamer brand
Brandskade in die koshuiskamer. Foto: Verskaf

’n Kamer is deur ’n brand in die koshuis van die bekende meisieskool Eunice High in Bloemfontein in puin gelê nadat ’n leerling ’n verwarmer aan vergeet het.

Braam van Zyl, afdelingsoffisier van die Mangaung-brandweer, sê die brandweer is Vrydag om 15:23 na die skool ontbied en was binne sewe minute op die toneel.

“Die brand het in ’n kamer op die grondvloer ontstaan wat uitgebrand het. Toe ons daar aankom, is die brand reeds deur personeel geblus.

“Die inhoud van die kamer is verwoes.”

Leerlinge het alarm gemaak toe hulle rook uit ’n kamer sien borrel het. Foto: Verskaf

Dit was ’n koshuis-uitnaweek en daar was min kinders in die koshuis.

Leon van Rensburg, adjunkhoof van Eunice, het bevestig dat die brand deur ’n verwarmer veroorsaak is wat in die koshuiskamer aan was.

“Die bewoner van die kamer was reeds vir die naweek huis toe. Leerlinge op die volgende verdieping het rook by haar kamer sien uitborrel en die personeel van die brand verwittig.”

Van Rensburg sê dit is moeilik om te sê hoe groot die skade is. “Die skool is eintlik gelukkig, want die skade kon veel groter gewees het.”

Die betrokke leerling is intussen na ’n spaarkamer verskuif.

Toe Netwerk24 Sondagmiddag daar besoek afgelê het, was daar steeds ’n rookreuk op die parkeerterrein voor die koshuis.

Min het ná die brand in die leerling se koshuiskamer oorgebly .Foto: Verskaf
Eunice-personeel het self die brand geblus.Foto: Verskaf
Meer oor:  Bloemfontein  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.