Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Veterane, vuurwaens op Knysna-motorskou
’n 1957-Continental Coupe-motor wat op die Knysna-motorskou vertoon sal word. Foto: Verskaf

Motors wat van die vorige eeu dateer, soos ’n 1936-Cord 810 Westchester en ’n 1928-Bentley-drieliter, is onder meer die naweek op die jaarlikse Knysna-motorskou te sien.

Die skou word Sondag op die sportterrein van die Hoërskool Knysna in Waterfrontrylaan gehou.

Volgens die organiseerders is dit die sewende jaar dat die skou plaasvind en 400 rygoed sal uitgestal word. Die skou word gehou in samewerking met Sanlam Private Wealth.

Luidens ’n verklaring gaan motors wat wissel van ’n 1908-Ford Model S tot moderne Ferrari-, Porsche- en Lamborghini-motors op die skou wees.

’n 1908-Ford Model S.Foto: Verskaf

Daar is ook klassieke motorfietse en ’n 1938-BMW 328-sportmotor wat net voor die Tweede Wêreldoorlog gebou is.

Uitstallings sluit in die Kobus Mostert-versameling van baie skaarse Amerikaanse klassieke motors van die 1950’s tot die 1980’s. Dit sluit ’n 1958-Oldsmobile 98 Coupe (die enigste een in Afrika) en ’n 1957-Buick Century Coupe in.

Nog hoogtepunte, volgens die organiseerders, is die herdenking van mylpale soos die Morgan-sportmotormaatskappy wat vanjaar die 50ste herdenking vier van die Morgan Plus 8 met sy V8-enjin. As deel van die maatskappy se nalatenskap sal ’n 100 jaar oue Morgan-driewielmotor ook vertoon word.

Die skou vind Sondag van 09:00 tot 16:00 plaas. Kaartjies kos R50 vir volwassenes en R10 vir jonges van 12 tot 18. Toegang is gratis vir kinders jonger as 12.

Vir meer inligting besoek www.grmc.co.za.

Meer oor:  Knysna  |  Motorskou  |  Veteraanmotors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.