Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
VF Plus: LUR moet vrou se dood ondersoek

Die VF Plus eis ’n ondersoek nadat Ronelle Oostendorp (66) van Ventersburg dood is nadat sy glo swak mediese behandeling by ’n staatshospitaal gekry het.

Montseng Tsiu, Vrystaatse LUR vir gesondheid, moet die ondersoek binne 21 dae laat doen, anders sal hy dr. Zweli Mkhize, nasionale minister van gesondheid, hieroor nader, sê Armand Aucamp, VF Plus-LPW.

Oostendorp is volgens haar dogter, Heidi le Roux, Maandag deur ’n dokter by die Katleho-hospitaal in Virginia met ’n handvol pynpille huis toe gestuur ten spyte van bewyse dat sy ’n hartaanval gehad het.

Ronelle Oostendorp (66) word Saterdag begrawe nadat sy aan ’n hartaanval dood is. Foto: Facebook

Oostendorp het Maandag met erge borspyne om hulp gaan aanklop by dr. Piet van Wyk op Ventersburg.

Van Wyk, ’n algemene praktisyn, het drie EKG-toetse op Oostendorp gedoen en gesien dat sy ’n hartaanval gehad het.

Hy het haar met die EKG-drukstukke en ’n verwysingsbrief per ambulans na die Katleho-hospitaal gestuur.

Hier het ’n vroulike mediese dokter glo aan Le Roux en Oostendorp gesê dat Van Wyk niks weet nie en die EKG-drukstukke in ’n snippermandjie gegooi.

Oostendorp is met ’n paar pynpille huis toe gestuur en Le Roux het Dinsdagoggend op haar ma se lyk afgekom.

’n Woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement het in reaksie op ’n medianavraag gesê hulle is in dié stadium tevrede dat die dokter reg opgetree het.

Aucamp sê swak diens by staatshospitale mag nie tot lewensverlies lei nie.

Dokters maak soms menslike foute, maar wanneer toetse wat glo blatant geïgnoreer is tot die dood van iemand lei, moet die moontlikheid van growwe nalatigheid deur die departement ondersoek word.

Die Grondwet bepaal pasiënte het die reg op mediese dienste. Indien die ANC voortgaan om sy beleid van nasionale gesondheidsversekering af te dwing, sal pasiënte se regte en lewens ook beskerm moet word.

Tans gebeur dit nie, sê Aucamp.

Le Roux sê sy weet niks sal haar ma terugbring nie, maar sy gaan die saak daar laat nie omdat dit dalk ander mense se lewens kan red.


Meer oor:  Ronelle Oostendorp  |  Ventersburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.