Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
VIDEO: Kaapse model kontrak kwyt ná hy kelnerin se boud knyp

’n Model van Kaapstad het sy kontrak by ’n Duitse modelagentskap verloor nadat ’n video aan die lig gekom waarin gesien kan word hoe hy ’n kelnerin se boud knyp.

Sarah-Belgarion van Niekerk het Maandag ’n video van kringtelevisiekameras op Facebook en Instagram geplaas waarin gesien kan word hoe sy mense naby ’n man met lang hare aan ’n tafel bedien.

Sy het die man as die Kaapse model Reyn du Preez geïdentifiseer.

In die video lig Du Preez sy hand en knyp Van Niekerk se boud terwyl sy by ’n tafel langs hom staan.

Nadat hy aan haar gevat het, draai sy om en sê iets vir hom, waarna hy met haar praat. Dan stap sy weg.

Van Niekerk sê op Facebook dat die video alles sê en dat daar min is wat sy kan byvoeg.

“Jy is op heterdaad betrap! Dit breek my hart. Ek het die video oor en oor gekyk en voel elke keer meer soos ’n gemors.”

Reyn du Preez in Kaapstad Foto: Instagram

Van Niekerk sê ná die voorval het Du Preez aangehou om haar te beledig en te verneder totdat sy vriende hom gekeer het.

Reyn du Preez Foto: Instagram

Die video is oral op sosiale media gedeel en duisende mense het kommentaar gelewer. Ná die voorval het Du Preez jammer gesê oor sy optrede, maar dit het nie verhoed dat hy sy kontrak by Modelwerk, ’n Duitse modelagentskap, kwyt is nie.

“Modelwerk veroordeel die dade van Reyn du Preez ten sterkste,” sê Madeleine Lousch, die agentskap se woordvoerder. “Hierdie optrede is onaanvaarbaar. Ons het ons professionele verhouding met hierdie model onmiddellik beëindig.”

Du Preez skryf Woensdag op Instagram: “Ek wil opreg om verskoning vra vir my optrede. Ek is skaam daaroor en kan my net indink hoe Sarah moet voel. Dit was ’n oomblik van swak karakter en ek was onder die invloed van alkohol.

“Ek het nie bedoel om haar te verkleineer nie. Ek maak nie verskonings nie, maar verduidelik my optrede en vra om verskoning.”

Du Preez sê verder: “Ek sien dit as ’n lewensles en het nou tyd om te besin oor myself en watter tipe mens ek in die toekoms wil wees. Ek hoop Sarah sal dit in haar hart vind om my te vergewe en besef dat almal foute maak.”

Van Niekerk skryf op Instagram dat sy nooit gedink het iets gaan van die situasie en haar plasings kom nie. “Ek is al voorheen so geteister en dit is die eerste keer dat ek moeite gedoen het om die bewyse te kry.”

Die kelnerin, Sarah-Belgarion van Niekerk Foto: Instagram
Sarah-Belgarion van Niekerk Foto: Instagram

Sy sê: “Té gereeld laat ander ons klein voel en asof ons verkeerd is; dat ons oorreageer of die oortreder op die een of ander manier uitgelok het. Baie dankie aan almal wat positiewe boodskappe gestuur het. Ek het hierdeur baie meer selfvertroue gekry.”

Sy sê talle mense wou weet hoe die restaurant se bestuurders op die voorval gereageer het.

“Ek wou nie iets sê oor die voorval nie, en het net Reyn se rekening vir hom geneem en gevra dat hy loop. Nadat alles op die lappe gekom het, het die bestuurders geweldige ondersteuning getoon en hulle teen hierdie tipe optrede teenoor vroue uitgespreek.”


Meer oor:  Seksuele Teistering  |  Teistering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.