Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Video van olifant en wildbewaarder wyd gedeel

“Jy kan ’n betekenisvolle interaksie met ’n olifant hê wat nie noodwendig logies sin maak nie.”

So sê die wildbewaarder Alan McSmith oor die video waarin hy ’n wilde olifant wat op hom en sy toergroep afstorm, tot bedaring bring.

Alan McSmith sit voor ’n olifant. Foto: Facebook

Die video is twee jaar gelede in die noorde van die Krugerwildtuin geneem en in Maart reeds op YouTube geplaas, maar dit is die naweek skielik wyd gedeel.

’n Google-nuussoektog van McSmith wys dat nuuswebwerwe soos The Daily Mail, asook die Chinese Appledaily.com, die Turkse Yeni Safak en selfs die Portugese Correio da Manhã, onder meer sedert Vrydag oor dié video berig het.

In die video aarsel McSmith nie eens wanneer die olifant op hom en sy toergroep afstorm nie. Die olifant stop net voor hom en lig sy slurp op, maar McSmith lig ook sy stok en die olifant retireer.

“Ek wil jou verseker dat dit ’n wilde olifant is. Ek het nie die olifant uitgelok nie. Ek het nie ’n ontmoeting beplan nie, hy het uit die bloute op ons afgestorm en een van my kliënte het dit afgeneem,” sê McSmith.

“Die werklikheid is dat daar geen ander opsie was as om die situasie te bestuur nie.”

Hy meen die olifant sou hom en sy vier groeplede gejaag het as hy hom nie tot bedaring gebring het nie.

As ons die olifante verloor, verloor ons ook die ongelooflike impak wat hulle op ons lewe kan hê.
Alan McSmith

Hoewel hy 30 jaar ondervinding het as ’n wildernisgids, glo McSmith hy het bloot intuïtief opgetree.

“Ongeag die dier (wat jou bedreig), is dit die belangrikste dat jy die energie van die groep bestuur. Hulle kan nie aanvoel dat jy senuagtig is nie, want dan gaan hulle bang word. Hulle moet voel jy is in beheer,” sê McSmith.

Hy sê hy was huiwerig om die video te deel omdat hy nie die publisiteit soek nie.

Hy het dit uiteindelik op YouTube geplaas om die bewaring van olifante te bevorder.

“Die ontmoeting bewys olifante is hoogs intelligente diere waarmee ons ’n emosionele en geestelike band kan hê.

“As ons die olifante verloor, verloor ons ook die ongelooflike impak wat hulle op ons lewe kan hê.”

Alan McSmith. Foto: alanmcsmith.weebly.com
Meer oor:  Limpopo  |  Hoedspruit  |  Natuur  |  Video  |  Omgewing  |  Olifant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.