Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Video op porno-blad glo dié van Bishops-onnie

’n Eksplisiete video van ’n kaal vrou op ’n bed is op ’n bekende gratis pornografie-webtuiste gelaai onder die naam Fiona Viotti (30), die onderwyseres wat onlangs bedank het te midde van ’n seksskandaal.

Fiona Viotti (30)Foto: Facebook

Viotti het sowat ses jaar by Bishops Diocesan College in Rondebosch, Kaapstad, gewerk waar sy waterpolo afgerig het. Sy word van seksuele wangedrag beskuldig.

William Booth, Viotti se prokureur, het Woensdag gesê hy gaan stappe doen om dié video van die webtuiste te laat verwyder, omdat dit sonder toestemming geplaas is.

Die video is Dinsdag opgelaai en is teen Woensdagmiddag meer as 4 500 keer gekyk. 51 mense het aangedui dat hulle van die video hou.

Dit volg nadat verskeie eksplisiete video’s en foto’s van Viotti op sosiale netwerke soos WhatsApp versprei is. Die materiaal is in Netwerk24 se besit, maar word op regsadvies weerhou.

Booth het voorheen gewaarsku mense moet dit nie aanstuur nie. “Dit is hoogs onreëlmatig en onwettig om dit te doen.”

Viotti en haar man, Pavo, se profiele is geheel en al van sosiale media verwyder en geeneen van hulle wil kommentaar lewer nie.

Booth sê gerugte dat sy kliënt landuit gevlug het, is onwaar.

“Sy is bereid om haar volle samewerking te gee met die ondersoek wat die skool doen. Daar is geen strafregtelike klagte teen haar nie.”

Guy Pearson, skoolhoof van Bishops, het gesê die skool kon vasstel dat meer as een seun oor ’n tydperk betrokke was. Hy sê sover hulle kon vasstel, was geeneen van die skoolseuns onder 16 nie.

Dit is die wettige ouderdom waarop ’n minderjarige kan instem tot seks met ’n volwassene.

Meer oor:  William Booth  |  Fiona Viotti  |  Bishops  |  Onderwyseres  |  Seksskandaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.