Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vier eerder Small se lewe, vra klubeienaar

Die polisieondersoek na die dood van James Small vorder.

Jerome Safi, mede-eienaar van The Harem, ’n klub vir volwasse vermaak waar Small (50) blykbaar ’n hartaanval gehad het, sê hy en sy personeel het reeds verklarings afgelê.

Safi het vroeër aan Netwerk24 gesê Small het by die klub inmekaargesak, maar was nie kaal soos wat Sondag in Rapport berig is nie.

James Small in 2015 by die eindstryd van die Varsity-beker tussen die Shimlas en die Pukke. Foto: Argief

Oor ’n berig op News24 dat hy bande met die Tsjeggiese misdadiger Radovan Krejcir het, sê Safi dit is “irrelevant en geskiedenis”.

Hy het Dinsdag namens homself en Nicci Safi, ’n mede-eienaar van die klub, hul diepe medelye met Small se familie en vriende betuig.

“Dit is hartseer wat gebeur het, maar ons moet nou daarop fokus om Small te onthou vir die goeie dinge en om sy lewe te vier.”

Volgens Safi het Small die betrokke aand omstreeks 23:30 inmekaargesak terwyl hy twee uur lank gewag het op ’n vrou wat hom by die klub sou ontmoet.

Personeel het Small probeer help en mond-tot-mond-asemhaling op hom toegepas. Hulle het Small toe na

die Life Bedford Gardens-hospitaal geneem, sowat ’n minuut en ’n half se ry van die klub af.

Safi sê Small is in The Harem se privaat voertuig na die hospitaal geneem en nie per Uber-voertuig nie.

“Die bestuurder is ’n werknemer van The Harem en die voertuig wat hy bestuur het, was ’n nuwe voertuig en het daarom nog nie nommerplate gehad nie,” sê Safi.

Luidens Rapport se berig het ’n vrou en ’n man, wat homself as ’n Uber-bestuurder geïdentifiseer het, met Small by die hospitaal opgedaag. Dié man het glo die vrou weerspreek en gesê hy het Small kaal in die vrou se badkamer by haar huis gekry nadat sy ’n Uber bestel het.

Verder word daar berig dat ’n tweede man, ene Steven, later by die hospitaal aangekom het met Small se selfoon, skootrekenaar, beursie en ’n notaboek. Die man het glo met die hospitaal se veiligheidswagte haaks geraak en sy vuurwapen uitgehaal.

Safi sê hy het nie ’n Steven in sy diens nie en weet nie wie dit is nie.

Die hospitaal het Dinsdag gesê hulle gaan geen kommentaar lewer oor die gebeure by die hospitaal nie.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het vroeër aan Netwerk24 gesê ’n geregtelike ondersoek word na Small se dood gedoen. Luidens Sport24 is daar Vrydag in ’n lykskouing bevind dat Small aan ’n iskemiese hartsiekte dood is.

’n Roudiens vir Small word Donderdag om 14:00 by The Deck by die Wanderers-rugbyklub in Johannesburg gehou.

Meer oor:  The Harem  |  James Small  |  Sterfgeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.