Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 mans op slag dood in botsing reg van voor

Die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag nadat vier mans in ’n motorongeluk naby Virginia in die Vrystaat op slag dood is.

Die ongelukstoneel tussen Virginia en Theunissen waarin vier mense dood is. Foto: VERSKAF

Die ongeluk het omstreeks 21:10 Saterdag op die R73-pad tussen Virginia en Theunissen plaasgevind.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê ’n Toyota Corolla met drie insittendes was na Theunissen onderweg en die bestuurder van ’n BMW het in die rigting van Virginia gery toe die twee voertuie reg van voor gebots het.

Volgens Khosana het nooddienste die vier mans op die toneel dood verklaar.

Dit is onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het omdat daar geen ooggetuies is nie, sê Khosana.

Khosana sê die name van die slagoffers sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is.

’n Klag van strafbare manslag word ondersoek.

Montseng Tsiu, Vrystaatse LUR vir gesondheid, doen ’n beroep op motoriste om na hul veiligheid om te sien en versigtig en verantwoordelik te bestuur.

Nooddienste op die ongelukstoneel op die R73-pad.Foto: VERSKAF
Die wrakstukke van een van die voertuie wat tussen Virginia en Theunissen verongeluk het.Foto: VERSKAF
Wrakstukke op die R73-pad. Foto: VERSKAF

Meer oor:  Virginia  |  Motorongeluk  |  Strafbare Manslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.