Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vier sterf ná gru-botsing in Mpumalanga
Die toneel waar twee voertuie Saterdagoggend op die R555 in Mpumalanga gebots het. Foto: Verskaf

Vier mense is Saterdagoggend dood en vyf beseer in ’n botsing tussen twee voertuie in eMalahleni (Witbank) in Mpumalanga.

Volgens ’n woordvoerder van ER24, Ineke van Huyssteen, het die ongeluk omstreeks 6:30 op die R555 (die ou Ogies-pad) gebeur.

Volgens Van Huyssteen het paramedici drie mense op die toneel dood verklaar. ’n Vrou is in ’n kritieke toestand na ’n nabye hospitaal geneem, maar het kort daarna aan haar beserings beswyk.

Die res van die passasiers is ook deur verskeie mediese dienste op die toneel hospitaal toe geneem. Dit is nog nie bekend hoe erg dié mense beseer is nie.

Die presiese omstandighede wat tot die voorval gelei het is ook nog nie bekend nie, maar polisie het die toneel vir leidrade ondersoek. – Derrick Spies, News24-korrespondent

Meer oor:  Mpumalanga  |  Witbank  |  Botsing  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.