Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vierjarige tuis ná ernstige ongeluk
Dandré Esterhuizen (4) hoe hy nou lyk na die motorongeluk. Volgens die dokters sal die wond aan sy voorkop sal genees omdat hy nog so jonk is.Foto: Verskaf

Die seuntjie van Bela-Bela wat verlede naweek uit ’n voertuig geslinger is, is weer tuis.

Dandré Esterhuizen (4) is verlede Vrydagaand uit ’n voertuig geslinger toe dit in ’n ongeluk betrokke was. Die kleuter was saam met vriende vanaf ’n braai op pad huis toe.

Hy het snymerke aan sy gesig opgedoen en daar is gedeeltes van sy voorkop waar die vel weg is.

Hy is Donderdag uit die Sunshine-hospitaal in Benoni ontslaan.

“Hy speel buite en raak elke dag meer en meer homself. Dit gaan baie beter as wat ons verwag het,” sê sy ma, Renette Esterhuizen.

Dandré is verlede naweek in die sorg van vriende gelaat nadat sy ma die Vrydagmiddag weens swangerskapkomplikasies in die staatshospitaal in Bela-Bela opgeneem is. Esterhuizen is bykans agt maande swanger.

Na verneem word het die voertuig gerol en Dandré is uit die voertuig geslinger.
Dandré Esterhuizen met die verband om sy kop in die hospitaal nadat hy in ’n ernstige motorongeluk betrokke was.Foto: Verskaf
Die wrak van die voertuig waaruit Dandré Esterhuizen (4) verlede naweek geslinger is.Foto: Verskaf

Dandré was Vrydagaand saam met die vriende na ’n braai toe hulle Saterdag omstreeks 03:10 op pad terug in ’n motorongeluk was. Na verneem word het die voertuig gerol en Dandré is uit die voertuig geslinger. Geen ander voertuig was in die ongeluk betrokke nie.

Esterhuizen het omstreeks 05:45 uitgevind Dandré en haar vriende is in dieselfde hospitaal as sy. Hy is Saterdagmiddag na die Sunshine-hospitaal oorgeplaas en was vir intensiewe wondbehandeling in die teater.

Esterhuizen het haarself uit die hospitaal ontslaan om by haar kind te wees.

Die dokters was aanvanklik bekommerd oor die oop wond aan Dandré se voorkop, maar was egter tevrede met die genesing daarvan toe hulle die verband afhaal.

Die wond word nou twee keer per dag skoongemaak en ’n antibiotika-salf word aangewend.

“Omdat hy so jonk is, sal die wond genees en sy vel teruggroei. Hy sê nog sy kop is seer, maar hy gaan baie goed aan,” sê Esterhuizen.

“Hy is in die aande bietjie moeilik, wat te verstane is, omdat die ongeluk in die aand gebeur het en die wond gewoonlik dan meer seer is.”

Dandré is daarvan bewus dat hy seer het as gevolg van die ongeluk.

“Al wat hy sê, is die kar het gerol en toe is die kar in die boom vas. Hy sê ook die glas het hom gesny,” sê Esterhuizen.

“Mamma en Pappa is net bly hy is tuis en dankbaar dat hy vir ons gespaar is.”

Meer oor:  Bela-Bela  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.