SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Vioolsdrif se 50,1 °C maak dit amptelik SA se warmste plek

Dis amptelik: die 50,1 °C wat Donderdag in Vioolsdrif in die Noord-Kaap aangeteken is, is die hoogste temperatuur tot nog toe op enige plek in die land.

Die vorige rekord het meer as ’n eeu gestaan.

Facebook het Vrydag gegons oor die moontlikheid dat dit ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord-temperatuur is, maar niemand was seker of dit amptelik is nie.

Jan Vermeulen, ’n senior weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het aan Rapport bevestig: “Dit is beslis die hoogste temperatuur (tot nog toe) in die hele Suid-Afrika.

“Ons temperature kan maklik die somer nog hoër word, want dit word die hele tyd warmer hier. Ek sal nie verbaas wees as daar nog nuwe rekords dié somer gaan wees nie.”

Die vorige amptelike hoogste temperatuur in Suid-Afrika was die 50,0 °C wat op 3 November 1918 op Dunbrody in die Oos-Kaap aangeteken is.

Dit is natuurlik baie moontlik dat die kwik op plekke al verskeie kere nie-amptelik hoër gestyg het.

Vioolsdrif se eie rekord was lank die 46,2°C wat op 14 November 1995 aangeteken is. – Jaco Nel

Meer oor:  Vioolsdrif  |  Hittegolf  |  Klimaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.