Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Virus eis nog ’n hoë by UV

Izak Groenewald (72), afgetrede medeprofessor en direkteur van die Sentrum vir Volhoubare Landbou aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), is Woensdag aan Covid-19 dood.

Prof. Izak Groenewald
Prof. Izak Groenewald Foto: Schink Fotografie

Gertraud, sy vrou, sê hy is weens komplikasies wat deur die virussiekte veroorsaak is, oorlede.

Sy sê hulle sal hom onthou as ’n vrolike en liefdevolle mens met ’n goeie humorsin en altyd met ’n vonkel in sy oog.

“Hy was innig lief vir sy familie en sy passie vir reis het gesorg vir menige avontuur en kosbare herinneringe saam met sy geliefdes.”

Groenewald is in Harare, Zimbabwe, gebore en het by die Bothashof NG kerk-skool in Bulawayo skoolgegaan. Ná sy landboustudie aan die UV het hy na sy geboorteland teruggekeer, waar hy by die Henderson-navorsingstasie in Mazowe aangesluit het.

Hy vestig hom later in Alberton aan die Oos-Rand, waar hy in die huwelik tree en by die Rumevite-veevoermaatskappy werk.

By die maatskappy se proefplaas naby Newcastle doen hy navorsing vir sy doktorsgraad oor die invloed van lek-aanvulling op die produksievermoë van koeie. Hy behaal in 1987 sy doktorsgraad aan die UV. 

In 1996 verhuis hy en sy gesin na Bloemfontein en word hy by die UV aangestel. Hy het ses jaar gelede afgetree.

As veekundige en akademikus het prof. Izak Groenewald ’n groot bydrae tot die praktiese en wetenskaplike beesboerdery in Suid-Afrika gelewer.

Hy het ook ’n deeltydse Bonsmara-boerdery gehad en was tot enkele maande voor sy afsterwe by die Peritum Agri Institute betrokke.

Prof. H.O. de Waal, ook medeprofessor en Groenewald se jare lange vriend en kollega, sê Groenewald is nog ’n groot gees wat deur Covid-19 geëis is.

“Ons verbintenis as veekundiges strek oor baie jare. ’n Gemeenskaplike belangstelling in die voeding van beeste, veral fosfaatvoeding in die veld, het ons paaie laat kruis,” sê De Waal.

“As veekundige en akademikus het prof. Izak Groenewald ’n groot bydrae tot die praktiese en wetenskaplike beesboerdery in Suid-Afrika gelewer.”

Hy laat Gertraud, sy dogters, Izelle en Mariska Smith, en sy skoonseun, Herlu, en kleindogter, Leané, agter.

Weens die Covid-19-inperkings sal slegs die familie vir ’n diens byeenkom om sy lewe te vier.

Diegene wat die diens aanlyn wil volg kan dit by dié skakel doen: https://www.youtube.com/watch?v=8gyt8dK-nBQ

*Die berig is van 'n vroeëre weergawe aangepas om die oorsaak vir Groenewald se sterfte duideliker te stel en 'n skakel vir die begrafnisdiens in te sluit. 


Meer oor:  Universiteit Van Die Vrystaat  |  Pandemie  |  Sterfte  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.