Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Virus krap al hul planne om, maar liefde wen
Heinrich en Ansu Viljoen, albei 26 en van Pretoria, op hul troudag. Foto: Zandri du Preez Fotografie

Wanneer troukoors so byna uitgedoof word deur die koronavirus, is al wat oorbly ’n huilende jong bruidegom. Maar dit was darem trane van geluk.

Heinrich en Ansu Viljoen, albei 26 en van Pretoria, se trouplanne was alles in orde. Hulle het reeds in 2017 verloof geraak en in 2018 begin soek na ’n lokaal. Die ideale plek was by Landtscap in Stellenbosch, maar omdat die plek so gewild is, kon hulle nie in 2019 daar plek kry nie – 21 Maart 2020 was beskikbaar en die paartjie het begin beplan.

Toe kom die koronavirus.

Heinrich, ’n veeartsenykundestudent, sê Ansu, ’n geo-hidroloog, hou van lysies maak – alles is dus maande lank haarfyn beplan.

Daar sou 150 gaste wees.

Ansu het ’n week voor die troue Kaapstad toe gevlieg. Op 15 Maart kondig die regering aan daar mag net 100 mense op ’n slag op ’n byeenkoms wees.

“Met die groot vrees dat ons troue moontlik afgestel gaan word, het ek die eerste vlug Kaap toe bespreek om by my verloofde uit te kom. Ek wou nie hê sy moet alleen wees nie,” vertel Heinrich.

Op 20 Maart is ek weer na die venue met ’n groot vrees in my, my trane baie vlak, my hart in my keel.

Haar ‘skat, maak nie saak wat nie, solank ek met jou kan trou, is dit die beste dag van my lewe,” het Heinrich geïnspireer om ’n plan te maak.

Heinrich en Ansu Viljoen op Kampsbaai, waar hulle darem ’n blitsige wittebrood kon hou voordat hulle voor die inperking-regulasie na Pretoria moes terugkeer.Foto: Verskaf

Hy het op 16 Maart gevlieg en ’n motor gehuur. Hulle het met die trou-organiseerder by Landtscap gaan praat. Alles is reg, die troue kon voortgaan, maar die gastelys moes gesny word.

En 100 mense beteken nie 100 gaste nie. Daar is 20 personeellede, ook die fotograwe, videograwe en ’n DJ. Uiteindelik beteken dit 74 mense mag die troue bywoon. Minus Heinrich en Ansu en albei se ouers is dit 68 gaste.

Heinrich se beste vriend, Nicholas Janse van Rensburg, bly in Frankryk – hy kon nie meer na Suid-Afrika vlieg nie.

Op 19 Maart volg die nuwe regulasie dat alle plekke waar drank verkoop word, nie meer as 50 mense byeen mag hê nie en om 18:00 moet sluit.

“Die reisagent het toe ook laat weet die wittebrood is af, want hulle kon nie Bali toe vlieg nie. Ek het nie eens hartseer gevoel nie en het net op ons troue gefokus,” vertel Heinrich.

“Op 20 Maart is ek weer na die venue met ’n groot vrees in my, my trane baie vlak, my hart in my keel. Die eienaar het my weer gerusgestel en gesê hy sal sorg vir die perfekte dag – of dit nou op Landtscap is, of op die bure se grasveld.”

Maar Heinrich was steeds bang die troue gaan afgestel word. Hy en Ansu moes ’n besluit neem.

“Ons het toe ’n roomys gaan koop en in Stellenbosch rustig oor alles gepraat. Die besluit is geneem dat daar geen alkohol bedien sal word nie – dus was 100 mense toelaatbaar.”

Dit het beteken Heinrich moes wild rondjaag om nie-alkoholiese drank te koop. En die middagtroue het verander in ’n oggendtroue omdat die venue om 18:00 moes sluit.

Maar toe die groot dag, 21 Maart, aanbreek, was dit die perfekte dag. En hul troue was perfek – behalwe dat Heinrich amper die hele tyd gehuil het van verligting dat die liefde geseëvier het.

Meer oor:  Korona  |  Troue  |  Liefde  |  Huwelik  |  Trou  |  Covid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.