Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Visserman van Lambertsbaai sterf aan hartaanval

’n Visserman (55) van Lambertsbaai is Donderdagaand aan ’n hartaanval ter see dood toe hy en nog ’n visserman gaan visvang het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die NSRI is ontbied nadat die man op die boot inmekaar gesak het.

’n Soektog na die mans en die boot is begin nadat reddingspanne nie onmiddellik die boot kon opspoor nie. Familielede van die twee vissermanne het ook help soek.

Terwyl die soektog aan die gang was, het die boot die Lambertsbaai-hawe ingekom.

Paramedici het die man dood verklaar.

* In ’n ander voorval, ook in Lambertsbaai, het die NSRI ’n soektog van stapel gestuur nadat ’n vissersboot op die oopsee sonder brandstof gaan staan het.

Die soektog het tot ná middernag geduur, met geen teken van die mans of die vissersboot nie.

Die soektog is Vrydagoggend vroeg voortgesit.

Die boot met die drie vissermanne aan boord is deur seevissery-inspekteurs wes van Lambertsbaai opgespoor. Die drie mans is ongedeerd.

* Die NSRI in Oos-Londen moes Donderdag twee plaaslike mans te hulp snel toe hul boot by Gonubie-strand omgeslaan het. Die mans, 44 en 41 jaar oud, is veilig deur menseredders aan wal gebring.

Meer oor:  Nsri  |  Lambertsbaai  |  Aan  |  Hartaanval  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.