Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Visserman van Paarl verdrink by Rooiels

’n Man van die Paarl is om 11:43 Saterdagoggend uit die see by Rooiels naby Gordonsbaai gehaal, maar nooddienste kon hom nie bybring nie. Die 45-jarige man is kort hierna dood verklaar.

Die man en twee vriende het op die rotse gestaan en visvang toe ’n brander hom omslaan en hy deur die water meegesleur word, sê Alan Meiklejohn, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Gordonsbaai, in ’n verklaring.

Beamptes van die NSRI in Gordonsbaai en Kleinmond het saamgewerk om die man uit die branders te probeer red. Verskeie nooddienste het bygestaan om hulp te verleen.

Die reddingspan van Gordonsbaai het met hul boot Spirit of Surfski tot by die man in die water gekom en hom in die boot getel. Die span het hom probeer bybring, maar kon nie daarin slaag nie. Aan wal het die mediese span ook probeer om die man by te bring, maar hulle kon dit ook nie regkry nie. Hy is dood verklaar.

Volgens Meiklejohn kon die man se twee vriende die groot brander ontsnap en het hulle nie in die see beland nie.

Meer oor:  Nsri  |  Gordonsbaai  |  Rooiels  |  Sterfgeval  |  Verdrink  |  Visserman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.