Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Visum-debakel ruk families uiteen voor Kersfees

Talle families is dae voor Kersfees op die O.R. Tambo-lughawe by Johannesburg uiteengeruk nadat die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) glo nie visums aan mans uitgereik het nie.

Willie Stoman (59) en sy vrou, Diolande (55), albei sakemense van Ruimsig in Johannesburg, se vakansieplanne vir Dubai het Vrydagoggend in ’n nagmerrie ontaard nadat Stoman nie sy visum van die immigrasie-departement in Dubai ontvang het nie.

Die Stomans sou Kersfees en hul huweliksherdenking Dinsdag 27 Desember in Dubai gevier het.

Willie sê hulle het weke gelede hul visums deur ’n agentskap gereël en dit is goedgekeur.

Alles het goed verloop en hy en sy vrou sou Vrydag om 12:00 deur Kenya Airways na Dubai vlieg.

My vrou is in ’n toestand. Sy is ’n senuwrak.
Willie Stoman

Maar met hul aankoms by die lughawe het dinge skeefgeloop.

“Ek kon nie inboek nie omdat my visum nie daar was nie.”

Hoewel hy aan die personeel verduidelik het en aan hulle gewys het dat sy visum op die webwerf goedgekeur is, kon hy nie op die vliegtuig klim nie.

Diolande moes sonder hom vlieg.

“My vrou is in ’n toestand. Sy is ’n senuwrak. Voor sy moes vlieg, het sy siek begin geword weens al die trauma en stres.

“Sy is nou op ’n vliegtuig en ek sit voor my skootrekenaar by die huis en wag vir die VAE se immigrasie-afdeling om my visum aan my te e-pos.”

Willie sê as hy teen Sondag nie sy visum het nie, het hy derduisende rande verloor omdat hulle Maandag op ’n boot na Oman sou reis.

“Die boot wag vir niemand nie.”

Hy sê talle ander gesinne is Vrydag is deur dieselfde hel.

Volgens hom was ’n vrou in haar 70’s saam met haar seun en sesjarige kleinseun ook op die lughawe.

Hulle moes hul vlug en vakansie kanselleer nadat net die kind en sy ouma se visums uitgereik is.

Sy is nou op ’n vliegtuig en ek sit voor my skootrekenaar.
Willie Stoman

Hy sê ander gesinne moes ook sonder hul mans vlieg.

’n Agent in Johannesburg wat anoniem wil bly, sê verskeie reisagentskappe sukkel die afgelope twee weke met mans se visums wat nie deur VAE uitgereik word nie.

Hy sê visums na Dubai word nie deur die ambassade in Suid-Afrika uitgereik nie, maar via ’n aanlyn-aansoek-proses in Dubai.

Die immigrasiedepartement in Dubai keur dit goed en stuur dit na hul veiligheidsdepartement wat dan die visums uitreik.

Hy sê hoewel die mans se visums op die webwerf goedgekeur en toegestaan is, word dit by sekuriteit onder “subject to security scrutiny” gemerk.

Hy glo Dubai doen dit vir veiligheidsredes weens die onlangse terreuraanvalle.

Hy sê die agente sukkel om met mense in Dubai te praat om reisigers te help.

Netwerk24 het Vrydagaand die VAE se ambassade in Pretoria gebel, maar niemand het geantwoord nie.

Meer oor:  Dubai  |  Visums  |  Visum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.