Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Uitstappie naby Noordhoek eindig tragies

’n Visserman (55) van Port Elizabeth is Saterdag dood tydens ’n visvanguitstappie saam met ’n vriend.

Die man en sy vriend het by Lookout-punt naby Noordhoek visgevang toe hy in die water beland.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê hulle het Saterdag om 10:47 op die noodoproep reageer.

Volgens Lambinon het die man vermoedelik weens ’n mediese rede in die water geval.

Die NSRI, die polisie en paramedici van die metro-ambulansdiens is na die toneel ontbied.

Die stasiebevelvoerder van die NSRI in Port Elizabeth, wat naby die toneel was toe die noodoproep inkom, het gereageer.

Lede van die NSRI het die man uit ’n rotspoel gehaal en hom probeer bybring. Paramedici het ook later kom help, maar die man was reeds dood.

Lambinon het sy medelye betuig teenoor die oorledene se familie en vriende.

* In Port Nolloth het drie vriende wat op ’n visvanguitstappie was ’n noue ontkoming gehad toe hul boot se petrol opraak.

Lambinon sê die mans se familie en vriende het Saterdag bekommerd geword toe hulle nie na verwagting teen 18:00 teruggekom het nie.

Die NSRI in Port Nolloth en lede van die polisie se seereddingspan het deurnag in die digte mis na die mans gesoek.

Lambinon sê die polisiehelikopter het die mans vroeg Sondagoggend gewaar. Hulle was ongedeerd.

Die boot is na veiligheid gesleep.

Meer oor:  Nsri  |  Port Elizabeth  |  Visserman  |  Sterfgeval  |  Reddingspoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.