Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
VKB-groep samel derduisende in vir plaasveiligheid

Die VKB-groep het onlangs honderdduisende rande vir landelike veiligheid in die Vrystaat ingesamel.

Vrystaat Landbou (VL) sê in ’n verklaring dit is met groot dankbaarheid dat die VKB/VL-veiligheidslessenaar ’n bedrag van R420 000 van VKB ter ondersteuning van landelike veiligheid in die provinsie ontvang het.

Dié geld is in Clarens op vanjaar se VKB Dryf vir Veiligheid-gholfdag ingesamel.

Die gholfdag van die VKB word al die afgelope vier jaar ter ondersteuning van veiligheid aangebied.

Luidens die verklaring stel die geld VL en die lessenaar in staat om boere te bemagtig wat betref hul eie veiligheid, asook om samewerking tussen boere en die polisie te versterk om misdaad in landelike gebiede te bekamp.

“Sonder hierdie finansiering sou die VKB/VL-veiligheidslessenaar nie in staat gewees het om sy rol ten volle te vervul nie.

“Ons is baie dankbaar vir VKB en al die deelnemende spanne se ondersteuning,” sê Henk Vermeulen, uitvoerende hoof van VL.

Foto ter illustrasie.

Die VKB-groep is ’n trotse landbou-onderneming en word deur landbouprodusente besit.

Jan van der Walt, bemarkingsbestuurder van die VKB-groep, sê hulle erken die onmisbare rol wat die produsente in die welvaart van die maatskappy speel, deur in samewerking met VL strukture te help vestig en onderhou wat tot die welstand van produsente kan bydra.

“Ons meen dit is juis belangrik om met die borgskap erkenning te gee aan die rol wat boere, as primêre voedselprodusente, in die daaglikse lewe van elke mens vervul, en hierdeur leef ons ook ons leuse, ‘vir die liefde van die land’, uit.”

Sowat 65 instansies het vanjaar aan die gholfdag deelgeneem en 77 gholfkarretjies – die meeste nog op so ’n baan – is op die dag gebruik. Pryse ter waarde van R80 000 was op die spel.

Die veiligheidslessenaar se rol die afgelope twee en ’n half jaar in veiligheid word deur verskeie rolspelers in die bedryf as onmisbaar beskryf.

Dit word beskryf as ’n bron wat waardevolle inligting verskaf wat die plaaslike asook nasionale gemeenskap op die hoogte hou van gebeure in die provinsie en die stand van misdaad in landelike gebiede, wat op hul beurt ’n reusebydrae tot Suid-Afrika se voedselsekerheid lewer.

Die lessenaar hou ook volledige statistieke by oor alle voorvalle wat die provinsie se boerderygemeenskappe raak, van veediefstal tot plaasaanvalle.

Vermeulen sê hulle hoop dat die lessenaar se pogings en diens ’n daadwerklike verskil in die misdaadsituasie in die Vrystaat se boerderygemeenskappe sal maak.

Meer oor:  Vrystaat  |  Clarens  |  In
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.